ALGEMENE VRAE

Hoeveel kos dit?

Die pakkette wissel van ’n eenmalige bedrag van R40 vir 10 raaisels tot R250 vir 100 raaisels – jy kan self kies watter raaisels jy wil koop en speel. Jy kan blokraaie, videoraaisels, woordsoeke, koderaaisels of sudoku’s op jou selfoon, tablet of rekenaar speel.

Hoe begin ek speel?

Sodra jy geregistreer en betaal het, sal jy ’n e-pos ontvang met jou intekenbesonderhede. Gaan nou na www.huisgenootraaisels.co.za, meld aan en klik op My Raaisels. Hier sal al die pakkette lê waarvoor jy geregistreer het. Kies die pakket wat jy wil speel en klik op enige van die raaisels binne die pakket. Jy kan nou dadelik begin speel. Binne elke raaisel is daar ook ’n hulpgids wat verduidelik hoe jy elk van die soort raaisels begin speel. Klik op die spyskaart heel links bo in die navigasiespyskaart en kies Hoe Speel Ek? vir instruksies.

Hoe lank het ek om die raaisels te voltooi?

Wanneer jy registreer en betaal, kry jy ’n intekennaam en -wagwoord wat jou toegang tot die raaisels gee. Jou intekening sal nie verval nie en jy kan dus so lank neem as wat jy wil om deur die raaisels te werk (maar as jy so dol is oor blokraaie soos ons, gaan jy deur die raaisels vlieg!). Doen een per dag, sommer ’n paar op ’n slag of enetjie wanneer jy tyd kry – nes jy lus is!

Kan ek elke raaisel net een keer doen?

Nee, jy kan elke raaisel soveel keer doen as wat jy wil. Ding met jouself mee en probeer om jou eie beste tyd vir elke raaisel te klop!

Wat as die raaisels nie werk nie?

As jy enige tegniese probleme ervaar, stuur e-pos na huisgenootblokraaie@media24.com en dui in die onderwerpveld aan jou navraag gaan oor die aanlyn raaisels. Probeer so spesifiek moontlik wees en neem skermgrepe as jy kan.

Kan ek die raaisels uitdruk?

Nee, die raaisels is ontwerp om aanlyn gespeel te word. As jy gedrukte raaisels verkies, besoek https://www.huisgenootwinkel.com/ om enige van ’n groot aantal gedrukte raaisel-tydskrifte te bestel. Wees ook op die uitkyk vir ons tydskrifte Huisgenoot Blokraaie, Huisgenoot Blokraaie in Groot Druk en Huisgenoot Woordsoek – dit is beskikbaar by die meeste groot handelaars.

Sal ek die raaisels met ander mense kan deel, of kan ons saam speel?

Slegs mense wat geregistreer en betaal het vir toegang tot die raaisels, sal toegang kry en dit kan speel. As jy en iemand wat jy ken albei ingeteken het vir Huisgenoot Raaisels, kan julle enige van die speletjies saam doen. Jy sal ’n skakel kry wat jy vir jou vriend kan stuur om saam te speel. As jy ’n raaisel oopmaak, klik op die ikoon van die mannetjie met die plus-teken links bo op jou skerm en dit sal vir jou sê wat om te doen.

Wat as die letters te groot is en nie in die blokkies pas nie?

Verstel die teksgrootte op die app of webblaaier wat jy gebruik om die internet op jou selfoon te besoek.

Die verstelling kan gewoonlik gedoen word deur te klik op die letters links bo in die hoek van jou skerm, of deur op die webblaaier se “Settings”-knoppie te druk en dan “Text size” te kies. Maak seker die teksgrootte oorskry nie 100% nie. As die fout nie deur dié verstelling reggestel word nie, stuur ’n e-pos na huisgenootblokraaie@media24.com.